Friday, December 7, 2012

Amore Bekker

Kyk ek hou van Amore. Nee, ek laaik haar sterk. Maar op Vrydag 7 Desember 2012 het sy in 'n weggooilyn iets gese wat my pla. Sy het gese dat ons, wanneer ons Kersgeskenke koop, Suid Afrikaans moet koop. Nou ek weet dat daar duisende gewone mense daarbuite is wat met haar sal saamstem dat dit werk skep indien 'n mens plaaslik koop. Hel, daar is selfs ekonome wat hierdie merkantalistiese idee aan hang - maar dit is nie hoe die ekonomie werk nie. Ek wil nie nou in die hele teorie van absolute en relatiewe voordeeel ingaan nie (http://en.wikipedia.org/wiki/Comparative_advantage), maar indien sy die konsep sou verstaan het, sou sy mense aangemoedig het om hul geld eerder wys te spandeer eerder as om Suid Afrikaans te koop want dan ondersteun ons die armstes van die armes van alle lande! (sowel as die klein bietjie meer bevoorregte armes van Suid Afrika wat op hulle beurt bydrae tot relatief goedkoper uitvoerprodukte vanaf Suid Afrika. Rek jou rand eerder as om meer te betaal net omdat dit in SA vervaardig word. 'n Kleintjie dus vir my "Favourite" Afrikaanse aanbiedster. As sy ooit "Ricardo" se - sal ek hierdie inskrywing wegneem! (Laat weet my wanneer dit gebeur het!)

No comments: